Ons geskiedenis

Home Ons geskiedenis Wat die Here van ons vra eis doxan Kleingroepe Marturein Geloofsvorming vir kinders Preke Publikasies en toerustingmateriaal Personeel Fotos

0NS GESKIEDENIS

 

Aanvanklik...

Die Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord het van die Gereformeerde Kerk Middelburg afgestig op 16 Mei 1982 met 280 belydende lidmate en 160 dooplidmate.  Na enkele beroepe wat die betrokke predikante nie opgevolg het nie, aanvaar Ds Francois Kruger die beroep en op 7 November 1982 word hy bevestig.  Sy intreepreek handel oor Efes 3:21,22. Eredienste is in die kerkgebou van Middelburg gehou (aanddienste en vakansiedienste was gesamentlik).  Vanaf die begin van 1983 is eredienste, katkisasie en vergaderings in die saal van Laerskool Kanonkop gehou.  Annette Luitingh was ons orreliste (met 'n elektroniese orreltjie) en Allewyn van Wijk die koster.  Die doopvont (wat ons steeds gebruik) is deur oom Pieter Jordaan gemaak uit hout wat deel van die balke van die ou kerkgebou was.  Hy het ook die kollektesakkies gemaak, en Ina Ligthelm het dit kunstig met materiaal oorgetrek.

Ongeveer 'n derde van die lidmate was plaasmense (7 van die 19 wyke). Die meeste lidmate in die dorp was aan die jong kant. Daar was baie doopgeleenthede en in die eredienste en by ander funksies was altyd baie jong kinders.  Daarbenewens was daar ongeveer 25 besoekpunte met senior lidmate.

Die grense van ons gemeente is destyds so vasgestel dat die Klein Olifantsrivier die grens vorm, behalwe na die ooste toe waar die Hendrinapad die grens vorm.  Aanvanklik was die reŽling dat twee wyke wat oorkant (suid) van die rivier was ook by ons gemeente moet inskakel.  Hierdie reŽling is egter in Julie 1983 verander.

Die Oggendgroet

Ons kontakblad het na voorstelle en stemming uit die gemeente die naam Oggendgroet gekry. Die eerste Oggendgroet het op 13 Februarie 1983 verskyn en sedertdien het daar oor die 900 uitgawes verskyn. Hierdie blad het 'n huishoudelike deel van ons gemeente geword.

In 1988 is 'n biblioteek in ons kerkgebou begin en ons ontvang baie skenkings van die gemeente. Tannie Sarlina Jooste behartig die biblioteek. Tans is Emma du Plessis ons bibliotekaresse.

Sustersorganisasie

In die eerste uitgawe van die Oggendgroet was daar alreeds 'n berig van die sustersorganisasie. Op 3 September 1983 hou hulle ook 'n kermis waarmee hulle meer as R8000 insamel.  Met die loop van jare het die sustersorganisasie al meer 'n belangegroep geword en minder van 'n diensorganisasie. Aanvanklik het die susters basies diakenswerk gedoen ?totdat die diakens al meer hulle eintlike roeping (saambinding van die gemeente) begin vervul het. Dit wat die vrouens in die sustersorganisasie gedoen het word tans deur hulle in kleingroepe gedoen.

Eerstelinge

Louwna de Beer (van Jopie en Annetjie) is die eerste dopeling van ons gemeente, terwyl Carien van Rooyen (van Paul en Elsabe) die eerste dopeling is vandat ons 'n eie predikant het.  Die eerste lidmate wat belydenis van hulle geloof afgel?het is: Elizabeth Jooste (dogter van Blackie en Sarlina), Jannie Kruger (seun van Bertie en Marisa), PC Nell (seun van Abie en Marie), Matsie Pieterse, Johan Pretorius (seun van Willie en Corrie), Cobus van Dyk (seun van Koos) en Francois van Dyk (seun van At en Alida).  Dit was op 13 Februarie 1983. 

Jong mense

Aan die begin van 1984 is 'n JV (Jongeliede Vereniging) gestig wat onder leiding van Cobus van Dyk besonder aktief was.  Hierdie JV het later doodgeloop totdat aan die begin van 1991 'n GTA (Gereformeerde Tiener Aksie) gestig is wat sedertdien baie aktief is en tans onder leiding van 'n energieke klomp jeugdiakens staan. Die naam is intussen verander na na Gereformeerde Jeugaksie (GJA). Met die ontstaan van Pitstop gedurende die helfte van 2007 het die GJA verval.

Op Sondag 2 Maart 2008 besluit die kerkraad, saam met die diakens en jeugleiers, om Werner Smit aan te stel as voltydse jeugleraar.  Sy taak is om die jeug te bedien en om Pitstop te hanteer. Hy word op Sondag 20 April 2008 as ouderling bevestig onder die seenende hande van die gemeente.

Vasbyters

Die gemeentelede wat sedert afstigting steeds in die gemeente is, is die volgende:

Nico en Lettie van der Walt, Oom Blackie en Anna Swart, Gertjan en Dewetia Amoraal, Elna Lewis (Mar?, Lyle en Nellie de Lacey, Petrus en Alta van der Merwe, Annetjie Mar? Allewyn en Corrie van Wijk, Abrie van Wijk, Lelanie Gibbs (Olivier), Paul van Rooyen, Oom Hendrik Ligthelm, Johan en Alta Ligthelm, Alteli de Villiers (Ligthelm), Heila en Magda Kruger, Tien en Martie de Klerk, Cobus de Klerk, Johan de Klerk, Bertie en Marisa Kruger.

Fondse en bates

Benewens die skenkings in die vorm van vaste bates het die gemeente geen ander bates of fondse gehad nie.  Die beloftes vir bydraes deur lidmate voor afstigting het R37500 vir die eerste jaar beloop terwyl die werklike bydraes vir dieselfde tyd R44280 was!  'n Boufonds is gestig en aan die einde van April 1983 het dit op R7600 gestaan.

Die pastorie te Loeriestraat 3 is baie netjies opgeknap. 'n Nuwe motorhuis en buitegeboue is gebou.  Daarna is 'n binnehof in 'n woonkamer omskep.  Aan die einde van 1984 het die Krugers hulle eie huis betrek en die Loeriestraathuis is verhuur tot 1992 toe dit vir R110,000 verkoop is.  Die twee erwe in Dahlialaan wat as 'n bruidskat van Middelburg ontvang is, is ook verkoop - in April 1983 reeds.

Die kerkgebou

Op daardie stadium (April 1983) het ons met die stadsraad ooreengekom dat hulle 'n deel van die park langs Dahlialaan vir ons sou sny (9000 vk meter groot) en te koop aanbied sodat ons daar 'n kerkgebou kan oprig.  Dit is in Augustus 1985 gefinaliseer en ons koop ons kerkterrein vir R26000.

Op 12 Junie 1983 is die eerste gemeentevergadering gehou waarin die oprigting van 'n eie kerkgebou in die vooruitsig gestel word.  Aan die begin van 1985 word 'n argitek aangestel in die persoon van Mnr Koos Reynecke. In April 1985 word die gemeente individueel besoek en die oorgrote meerderheid voel positief oor kerkbou.  R15000 aan bydraes vir die boufonds word tydens die besoek ontvang. In Februarie 1986 ontvang ons tenders vir die oprigting van 'n kerkgebou. Daarna volg nog 'n gemeentevergadering en op 28 Mei 1986 vergader die kerkraad saam met die diakonie en oudl Gert Eloff stel voor dat ons wel 'n kerkgebou moet opgerig.  Dit word so aanvaar. 

'n Sooispit geleentheid het op 14 Junie 1986 plaasgevind (elke lidmaat teenwoordig het 'n sooi gespit ?in geen volgorde van belangrikheid nie).  Teen einde September 1986 is die mure dakhoogte en teen Desember is die dak op.

Einde Januarie 1987 waai 'n fratswind die toring om maar hy word gou weer opgebou.  In April word die matte en banke ingesit. 

Op 10 Mei 1987 beleef ons die laaste erediens in die skoolsaal (Francois preek uit Efes 4:30) en op Saterdag 16 Mei 1987 (op ons 5e verjaardag) word die kerkgebou in gebruik geneem.  Francois preek uit Mat 6:9, Prof P W Buys bring 'n boodskap en lei die Sondag die nagmaalsdiens met 'n preek uit Eks 24:10,11.

'n Rekenaar-orrel is geÔnstalleer en die bekende Willem Luitingh tree as orrelis op.  Dewetia Amoraal was koster en na haar is Christo en Nelia van Niekerk die kosterpaar. Vir 'n tyd het MariŽtta Hamersma gehelp totdat Elna Lewis koster geword het in 1999.

Die kerkgebou het ons R350 000 gekos nadat ons vele skenkings van lidmate (bv. sement en sand) ontvang het.  Ons het 'n lening van R300 000 aangegaan wat vandag heeltemal gedelg is.

Die kerkgebou is beplan aan die hand van sekere beginsels, soos: geen luukshede nie, niks wat onnodig is nie, die gebou moet heelwat meerdoelige lokale bevat, die gebou moet meewerk om die eenheidsbinding in die gemeente te bevorder (vandaar net een hoofingang) en dit moet vir alle vorme van gemeentelike aktiwiteite voorsiening maak.

Die kantoor

In Oktober 1987 word gevra of iemand uit die gemeente bereid is om administratiewe werk gratis te doen. Dit het nie eintlik van die grond af gekom nie. Francois het self die Oggendgroet behartig tot 1992 toe Wikus de Wet dit gedoen het. In 1993 help Martie de Klerk daarmee. Daarna is Alta van der Merwe, an na haar Altia Amoraal aangestel vir hierdie werk. Op 'n stadium het die Hamersmas gehelp ? daarna Faan de Bruyn saam met Hannelie Bayards, Hester Olivier en uiteindelik Elna Lewis wat die vorige twee as kantoordame opgevolg het.

Bybelstudie

Sedert die ingebruikneming van ons kerkgebou is gereeld Bybelstudie gedoen op Sondagmiddae. Dit het gehandel oor Handelinge. Van begin 1990 af is die eerste Johannes-brief behandel en van 1993 af is Jakobus behandel. Daarna is Openbaring behandel totdat die Bybelstudie doodgeloop het op 2 Junie 1996.

Tweede erediens

Van die begin 1991 is met die gemeente begin praat oor die tweede erediens. 'n Vraelys-opname is gemaak. Met die Augustus huisbesoek van 1992 word deur ouderlinge met die lidmate oor die bywoning van die tweede erediens gepraat. November 1993 praat ouderling weer daaroor. Begin 1994 word 'n artikel-reeks hieroor in die Opggendgroet geplaas. Gedurende 1994 is sterk gefokus op die verbetering van die bywoning van die aanddiens. Wat bereik is is dat die bywoning van 12% in 1993 tot 30% opgestoot is. Veelseggend is dat die swakste aanddiens-bywoning in 1994 steeds hoŽr was as die beste bywoning van 1993! Ons het besef dat ons hierdie bywoning nie beter as 30% gaan kry nie. Op die kerkraadsvergadering van 23 Junie 1999 is 'n kommissie benoem wat moet kyk na die probleem van aanddienste. Hierdie kommissie vat hulle tyd en rapporteer op die vergadering van 21 Junie 2000. Hulle stel (en die kerkraad stem saam) dat die praktyk van swak bywoning van aanddienste nie so kan voortgaan nie. Tydens Augustus daardie jaar praat ouderlinge met lidmate daaroor. Die gesprek gaan oor die moontlikheid om slegs oggenddienste te hou en elke tweede Sondag dan leerstellige stof te preek. Dit sou vir 'n proeftydperk gedoen word. 'n Studiestuk word opgestel vir alle ampsdraers en 'n spesiale vergadering word op 22 November 2000 gehou waartydens besluit word om vanaf 21 Januarie 2001 slegs oggenddienste te hou vir 'n proeftydperk. Op 14 April 2002 stem die gemeente oor die terugbring van die aanddiens. 20% stem daarvoor en 80% daarteen. Die sin daaragter is dat ons vir mekaar ges?het dat ons nie dooie strukture instand gaan hou nie. Dit was die begin van 'n bewuswording dat die Here nie 'n gemeente wil h?span lang="AF" style="color: #663300"> wat aan uitgdiende strukture vasklou nie, maar dat ons eerder aan lewende verhoudings sal vashou. So het daar 'n skuif begin plaasvind.

Koinonia

Ons diakonie het sedert ons die nuwe kerkgebou ingebruik geneem het ingeklim met selftoerusting en toerusting van die gemeente. Die skuif van 'n diaken wat bloot barmhartigheidswerk doen, na 'n diaken wat die gemeente tot 'n liefdevolle eenheid saambind, het die diakenkorps opgewonde gemaak. Die diakens was werklik besiel deur die idee van koinonia ?en hulle is vandag steeds besiel daardeur.

Afgesien van toerusting reŽl hulle heelwat geleenthede waardeur die gemeente saamgebind kan word.

Oktober 1991 word die eerste gesinskamp beplan by Samekoms kampterrein. Dit moes egter afgestel word vanwe?'n gebrek aan belangstelling. Oktober 1994 word weer 'n gesinskamp beplan, met tema: ďDie gesin - 'n skrum of 'n span??Hierdie kamp verloop baie goed ?en dit word die begin van 'n mooi tradisie. Hierdie tradisie word tydens die April-vakansie 1995 voortgesit met nog 'n geslaagde gesinskamp.

Die gebruik van gemeente-etes na elke nagmaal het in 1990 begin. Soms was dit in die vorm van 'n gemeente-braai.

Die diakonie het 'n liefdevolle omgee-gesindheid by hierdie gemeente geskep. Ons het geleer om 'n oog vir mekaar te ontwikkel. Vandag nog is dit kenmerkend vir buitestaanders.

April 1992 begin maandelikse byeenkomste vir senior-lidmate plaasvind. Aanvanklik was dit bloot Bybelstudie. Vandag staan hulle bekend as die Op-en-Wakkeres (sommiges is op maar nog nie wakker nie, ander is wakker maar nog nie op nie; die meeste is egter op en wakker!). Ons die bekwame leiding van Louis Kruger het die Op-en-Wakkeres gegroei tot 'n struktuur waardeur senior lidmate saamgebind word. Daarna is Faan Venter voorsitter en tans is dit Martie de Klerk.

Aan die begin van 1997 word die WVK gestig. Dit staan vir Ware Vriende in Koinonia en is die eerste jongmens-kleingroep. Dit het die voorloper geword van die latere, uitgebreide kleingroepbediening in ons gemeente.

Op 21 Maart 1998 is die eerste potjiekos-kompetisie gereŽl ?onder die bome op ons kerkterrein. Dit was 'n besondere kuiergeleentheid en was die begin van 'n tradisie wat tot onlangs nog plaasgevind het. Later het die kompetisie element weggeval en het dit bloot 'n potjiekos-koinonia geword. Ander soortgelyke projekte wat intussen doodgeloop het was die broederontbyt en suikerkaskenades.

Wetenswaardighede

Van Sondag 4 Mei 1997 is die afkondigings geskuif van voor die erediens na na die erediens.

Die nagmaal van 25 Februarie 2001 word kelkies as alternatief saam met die bekers gebruik.

Op 1 September 2002 word besluit, saam met Middelburg-gemeente, dat die grense tussen die gemeentes verval ?iets wat sedertdien positief beleef word.

Op 18 Mei 2003 die eerste vyf vrouediakens bevestig.

Storms in die gemeente

Op Sondag 3 Junie 2001 woon 'n koor uit Mhluzi ons oggenddiens by. Dit was die begin van verandering in ons kerk ?wat ook aanleiding gegee het tot die boekie Verandering die kerk. Maak seker jy verstaan dit. Hierdie koorbesoek is iets wat deur meeste lidmate baie positief ervaar is. 'n Deel was egter baie omgekrap daaroor en ons verloor gevolglik 7 gesinne wat na ander gemeentes oorgaan. Op 2 September 2001 word 'n studiestuk (beskikbaar op hierdie webtuiste) oor die erediensbywoning deur anderskleuriges aan die gemeente uitgedeel. Ten spyte hiervan, en ten spyte van preke om hierdie saak in Bybelse perspektief te plaas, ontstaan daar 'n negatiewe gees onder gemeentelede. In hierdie tyd het die kerkraad en diakonie ges?ďOns wil bloot kerk wees volgens die Woord.?Op 3 Januarie 2002 stel ons dit as 'n visie vir ons ampswerk. Ons vra ook die gemeente om daarvoor te bid. Die negatiewe gees bly egter vassteek en ons ervaar die tragiese verskynsel van lidmate wat mekaar agteraf negatief stem. Uiteindelik besluit die kerkraad om 'n meningsopname te maak, waaraan die hele gemeente deelneem, sodat die ongelukkighede aan die lig kan kom. Dit geskied op 5 Mei 2002. Wat 'n verrassing! Omtrent geen substansiŽle (en selfs ander) negatiewe opmerkings nie. Vandaar het ons positief voortgegaan en begin groei. Op 18 September 2002 vra die kerkraad en diakonie: ďWaarheen is ons as gemeente oppad??nbsp; ...beter gestel: ďWaarheen is die Here met ons oppad??Ons is tot vandag toe sensitief vir die leiding van die Heilige Gees in die verband. Op 13 Oktober 2002 lewer Francois 'n preek oor Openbaring 3:1 ďEk weet dat julle die naam het dat julle lewe en tog is julle dood.?Daarna volg 'n inligtingsessie.

Kleingroepe

Op Woensdagaand, 9 Augustus 2000, was daar 'n braai by Hennie en Emma du Plessis se huis in Broodboomstraat. Teenwoordig was (foto) Petrus en Alta van der Merwe, Hennie en Emma du Plessis,  Ockie en Lenie Coetzer en Francois en Elsab?Kruger. Petrus het op 'n kol ges?ďKom ons probeer bietjie hierdie ding.?Hy het na kleingroepbediening verwys. Daardie aand is die saad gesaai, die Here het dit laat groei en ryklik geseŽn. Daardie vier egpare het 'n kleingroep gestig, met die naam ďDie Kaalvoete?wat vandag nog bestaan.

Op 4 Februarie 2001 is 'n inligtingsaand gehou in verband met kleingroepe. Omtrent helfte van die kerkgebou was vol. Daardie aand is 5 kleingroepe gestig. Vandag is daar 24 wat in wisselende mate goed funksioneer. Van einde 2005 af is wyke so ingedeel dat dit ooreenstem met kleingroepe (of potensiŽle kleingroepe).

ďKleingroepe is die beste ding wat die Gereformeerde Kerk kon getref het!? So het 'n lidmaat in 'n meningsopname geskryf. Ander s?ďVir die eerste keer het ek begin om my Christenskap uit te leef.?...en ander: ďEk het nooit gedink mense kan so lief vir mekaar raak nie.?nbsp; ...en: ďEk kan agterkom hoe ek geestelik groei.

Mede-leraar!

Op 27 November 2005 word Ds Jacob Mhlangu bevestig as mede-leraar in Middelburg-Noord met opdrag om uitreikwerk te doen in Mhluzi, Bankfontein en Wonderhoek. Hy werk met groot vrug maar word in 2008 beroepbaar gestel aangesien kultuurbotsings dit vir hom moeilik maak. Daarna word 'n bedieningsooreenkoms gesluit met Ds Joseph Ndlovu.

25 jaar!

Op 16 Mei 2007 was ons gemeente 25 jaar oud. Ons hou die Woensdagaand 'n partytjie in die kerkgebou. Die tema: 25. Ons het eers vir 25 minute Psalms gesing. Daarna het ons vir 25 minute Liedboek liedere gesing en toe het die "band" ons begelei vir die sing van populere Christelike liedjies vir 25 minute. Daarna het ons vir 25 minute lank gaan eet en daar was 25 geregte. Let jy op dat daar geen toesprake was nie.

Saalbou

Op 10 April 2007 begin die ontwikkelaar, Johan van den Berg, die ringmuur afbreek, die grond gelyk maak en spoedig daarna word die fondasies vir die saal gegooi. Ons ontvang hierdie saal van Johan in ruil vir 'n stuk grond van 3700vk. m wat wes van die kerkgebou l?

Ingebruikgeneming geskied op 24 Aug 2007. Daar word besluit dat hierdie saal die jongmense van die gemeente s'n is: hulle bestuur die saal, sorg vir die saal en gebruik dit.

Tans word die saal ook deur eis doxan gebruik. Dit is 'n uitreikdiens onder leiding van Ds Gayl Stanton-Humphries.

 

 

 

Herfokus

In 2012 gaan ons die proses wat in 2004 begin het, formaliseer - ons gaan struktuur daaraan gee. Hierdie herfokus behels 'n skuif weg van alle dinge wat NIE van Christus af kom nie - na die dinge wat wel van HOM af kom. Dit gaan egter nie net oor dinge nie, maar oor die Persoon van Jesus - wat in ons woon - en in ons lewe. Ons leef immers sy lewe. Dit is iets wat ons almal weet. Nou gaan dit 'n werklikheid word.

 

 

My favorite of the current crop of Orient dress rolex replica watches is the recently re-issued and somewhat improved Orient FER2400CN0 (true to its Japanese heritage, Orient watches have expectedly idiosyncratic model names and SKU numbers that provide no end of delight). This is an exceptionally classical rolex replica variation of the Orient Bambino line: it's a true, unequivocal dress watch. That's clear from the roman numerals on the dial and rolex replica sale their lack of lume. I enjoy the roman hour markers here not just for their antique anachronism, but also their strong hublot replica uk legibility (to me, a crucial component of a successful dress watch). On this dial, the numbers are mirrored steel: they have a sparkle, but take on the color of rolex replica sale what they're reflecting, causing them to come into focus clearly. The stock alligator-printed mahogany leather band here rolex replica uk feels so much more luxurious than one might expect: padded and replica watches sale lined with supple suede, it feels great against the skin.